1. Ek was bly toe hulle vir my gesê het:“Kom ons gaanna die huis van die Here.”
2. Nou staan ons voete hier,binne-in jou poorte, Jerusalem.
3. Jerusalem is ’n stadwat stewig gebou is,
4. waarheen die stamme opgaan,die stamme van die Here.Dis ’n vereiste vir Israeldat die Naam van die Heredaar geprys moet word.
5. Daar staan die trone vir regspraak,die trone van die huis van Dawid.