Psalms 119:94-101 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

94. Ek behoort aan U; red my tog!Want ek vra na u bevele.

95. Bose mense wag my inom my dood te maak,maar ek neem u waarskuwings in ag.

96. Selfs volmaaktheid het sy perke,maar u gebooie ken geen grense nie.

97. Hoe lief het ek u gebooie!Ek oordink dit die hele dag.

98. U gebooie gee my meer insigas wat my vyande het,want dit is gedurig by my.

99. Ek het meer insig as my leermeesters,want ek oordink u waarskuwings.

100. Ek het meer begrip as ouer mense,want ek lewe volgens u bevele.

101. Verkeerde paaie het ek vermy,sodat ek u woord kan gehoorsaam.

Psalms 119