Psalms 119:91-99 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

91. U bepalings is vandag nog waar,want al hierdie dinge is u dienaars.

92. As u gebooienie vir my vreugde was nie,sou ek gesterf hetvan ellende.

93. Ek sal u bevele nooit vergeet nie,want daardeur gee U my die lewe.

94. Ek behoort aan U; red my tog!Want ek vra na u bevele.

95. Bose mense wag my inom my dood te maak,maar ek neem u waarskuwings in ag.

96. Selfs volmaaktheid het sy perke,maar u gebooie ken geen grense nie.

97. Hoe lief het ek u gebooie!Ek oordink dit die hele dag.

98. U gebooie gee my meer insigas wat my vyande het,want dit is gedurig by my.

99. Ek het meer insig as my leermeesters,want ek oordink u waarskuwings.

Psalms 119