85. Hierdie verwaande mensewat nie leef volgens u gebooie nie,het vir my vanggate gegrawe.
86. Al u gebooie is betroubaar.Help my,want hulle vervolg my sonder rede.
87. Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn,maar ek het geweierom af te sien van u bevele.
88. Op grond van u troue liefde,spaar tog my lewesodat ek kan voortgaanom u waarskuwings te gehoorsaam.
89. U woord, Here, is vir altyd,dit staan vas in die hemel.
90. U trou is vir geslag na geslag,U het die aarde gevestig,en dit staan nog vas.
91. U bepalings is vandag nog waar,want al hierdie dinge is u dienaars.
92. As u gebooienie vir my vreugde was nie,sou ek gesterf hetvan ellende.
93. Ek sal u bevele nooit vergeet nie,want daardeur gee U my die lewe.