Psalms 119:81-90 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

81. Ek verlang na u redding;ek vertrou op u woord.

82. Ek ooreis my oë om te sienwanneer u beloftes waar word, en vra:“Wanneer sal U my vertroos?”

83. Ek het verskrompelsoos ’n wynsak in rook,maar ek vergeet nieu voorskrifte nie.

84. Hoe lank moet u dienaar wag?Wanneer straf U my agtervolgers?

85. Hierdie verwaande mensewat nie leef volgens u gebooie nie,het vir my vanggate gegrawe.

86. Al u gebooie is betroubaar.Help my,want hulle vervolg my sonder rede.

87. Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn,maar ek het geweierom af te sien van u bevele.

88. Op grond van u troue liefde,spaar tog my lewesodat ek kan voortgaanom u waarskuwings te gehoorsaam.

89. U woord, Here, is vir altyd,dit staan vas in die hemel.

90. U trou is vir geslag na geslag,U het die aarde gevestig,en dit staan nog vas.

Psalms 119