Psalms 119:65-80 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

65. U het aan my goedgedoen, Here,net soos U belowe het.

66. Leer my goeie oordeelen kennis,want ek vertrou op u gebooie.

67. Voor ek gely het, het ek telkens afgedwaal,maar nou leef ek volgens u woord.

68. U is goed en doen net wat goed is;leer my u voorskrifte.

69. Verwaande mensehet leuens oor my verkondig,maar ek sal u bevelemet my hele hart uitleef.

70. Hulle harte is afgestomp en koud,maar ek verlustig my in u gebooie.

71. Die lyding was goed vir my,want toe het ek u voorskrifte geleer.

72. Die gebooie uit u mondis vir my meer waardevolas baie goud en silwer.

73. U handehet my gemaak, my gevorm.Gee my tog insigom u gebooie te verstaan.

74. U dienaars sal my sien en bly wees,want op u woord hoop ek.

75. Ek weet, Here, u bepalings is reg;op grond van u trou bestraf U my.

76. Laat u troue liefde my nou vertroossoos U aan u dienaar beloof het.

77. Laat u medelye my oordeksodat ek kan lewe,want u gebooie is my vreugde.

78. Laat die verwaandes in skande komomdat hulle my vals beskuldig;maar ek sal u bevele oordink.

79. Laat u dienaars terugkom na my toe,hulle wat u voorskrifte ken.

80. Mag ek onberispelik weesin die uitleef van u gebooie;dan hoef ek nooit beskaam te wees nie.

Psalms 119