Psalms 119:48-67 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

48. Met eerbied lig ek my hande opvir u gebooie wat ek liefhet.Ek dink na oor u voorskrifte.

49. Onthou die beloftes aan u dienaar,want U het my laat hoop.

50. U belofte laat my weer lewe,dit vertroos my in al my ellende.

51. Die hoogmoediges minag my op groot skaal;tog wyk ek nie af van u gebooie nie.

52. Ek onthou u bepalings van ouds;dit vertroos my, Here.

53. Ek is baie ontsteld oor die goddeloses, hulle wat u gebooie verwerp.

54. U voorskrifte is vir my ’n liedtydens my aardse vreemdelingskap.

55. In die nag dink ek aan U, Here,en sal u gebooie gehoorsaam.

56. Dit is soos ek gedoen het,want ek het u bepalings gehoorsaam.

57. Here, ek behoort aan U!Ek sê ek wil u woord gehoorsaam.

58. Met my hele hart soek ek U.Wees genadig soos U beloof het.

59. Ek het my lewenspad oordinken het teruggedraaiom volgens u voorwaardes te lewe.

60. Ek wil gou maak en sonder versuim u gebooie gehoorsaam.

61. Bande van bose mense verstrik my,maar ek vergeet nie u gebooie nie.

62. Middernag staan ek op om U te dankvir u regverdige bepalings.

63. Ek is ’n vriend vir almal wat U dien,vir elkeen wat u bevele gehoorsaam.

64. Here, die aarde is vol van u trou;leer my tog u voorskrifte.

65. U het aan my goedgedoen, Here,net soos U belowe het.

66. Leer my goeie oordeelen kennis,want ek vertrou op u gebooie.

67. Voor ek gely het, het ek telkens afgedwaal,maar nou leef ek volgens u woord.

Psalms 119