Psalms 119:45-57 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

45. Ek sal in vryheid kan lewe,want ek soek u bevele.

46. Voor konings sal ek praatoor u verordeninge,sonder om skaam te wees.

47. Ek verlustig my in u gebooiewat ek baie liefhet.

48. Met eerbied lig ek my hande opvir u gebooie wat ek liefhet.Ek dink na oor u voorskrifte.

49. Onthou die beloftes aan u dienaar,want U het my laat hoop.

50. U belofte laat my weer lewe,dit vertroos my in al my ellende.

51. Die hoogmoediges minag my op groot skaal;tog wyk ek nie af van u gebooie nie.

52. Ek onthou u bepalings van ouds;dit vertroos my, Here.

53. Ek is baie ontsteld oor die goddeloses, hulle wat u gebooie verwerp.

54. U voorskrifte is vir my ’n liedtydens my aardse vreemdelingskap.

55. In die nag dink ek aan U, Here,en sal u gebooie gehoorsaam.

56. Dit is soos ek gedoen het,want ek het u bepalings gehoorsaam.

57. Here, ek behoort aan U!Ek sê ek wil u woord gehoorsaam.

Psalms 119