Psalms 119:21-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. U bestraf trotsaards en vervloekteswat afdwaal van u gebooie.

22. Weer smaad en belediging van my,want ek gehoorsaam u waarskuwings.

23. Al sit en praat heersers saam teen my,sal ek u voorskrifte oordink.

24. U waarskuwings is beslis my vreugde;dit gee my goeie raad.

25. Ek lê in die stof, op pad na die graf;laat my herlewe volgens u woord.

26. My optredehet ek bekendgemaak,en U het geantwoord.Leer my nou u voorskrifte.

27. Leer my verstaandie betekenis van u bevele,sodat ek u wonders kan oordink.

28. Ek huil van droefheid;versterk my soos U in u woord beloof.

29. Bewaar my van leuenagtige weë;leer my in genadeu gebooie.

30. Ek het die betroubare pad gekies;ek lewe volgens u bepalings.

Psalms 119