Psalms 119:162-169 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

162. Ek verheug my in u woordsoos iemandwat ’n groot skat ontdek.

163. Alle valsheid haat en verafsku ek,maar u gebooie het ek lief.

164. Ek loof U sewe keer per dag omdat al u bepalings regverdig is.

165. Hulle wat u gebooie liefhet,het groot sekuriteiten niks sal hulle laat struikel nie.

166. Ek sien uit na u redding, Here;daarom voer ek u gebooie uit.

167. Ek het u eise gehoorsaam,en het dit baie lief.

168. Ek gehoorsaam u bevele en eise,want U weet van alleswat ek doen.

169. Here, luister na my geroep;gee vir my insig soos U beloof het.

Psalms 119