Psalms 119:16-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Ek sal my verbly in u voorskrifteen u woord nie vergeet nie.

17. Wees goed vir u dienaarsodat ek mag leween u woord gehoorsaam.

18. Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sienwat opgeskryf is in u gebooie.

19. Al is ek net ’n vreemdeling op aarde,moenie u gebooievan my weghou nie.

20. Ek word voortdurend verteerdeur ’n begeerte na u bepalings.

21. U bestraf trotsaards en vervloekteswat afdwaal van u gebooie.

22. Weer smaad en belediging van my,want ek gehoorsaam u waarskuwings.

23. Al sit en praat heersers saam teen my,sal ek u voorskrifte oordink.

24. U waarskuwings is beslis my vreugde;dit gee my goeie raad.

25. Ek lê in die stof, op pad na die graf;laat my herlewe volgens u woord.

26. My optredehet ek bekendgemaak,en U het geantwoord.Leer my nou u voorskrifte.

27. Leer my verstaandie betekenis van u bevele,sodat ek u wonders kan oordink.

Psalms 119