Psalms 119:150-168 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

150. Sluwe vervolgers kom al nader,maar lewe ver van u gebooie af.

151. Maar U is naby, Here,en al u gebooie is betroubaar.

152. Van lankal af het ek geweetdat u eise nooit verander nie.Res

153. Kyk tog na my lyding en red my;u gebooie het ek tog nie vergeet nie.

154. Behartig tog my saak en bevry my!Laat ek lewe soos U beloof het.

155. Bose mense is ver van redding,want hulle steur hulle nieaan u voorskrifte nie.

156. Groot is u barmhartigheid, Here!Hou my lewe in standvolgens u bepalings.

157. My vervolgers en vyande is talryk;tog wyk ek nie af van u eise nie.

158. Ek kyk met afkeer na die ontroues,want hulle misken u woord.

159. Sien raak dat ek u bevele liefhet, Here.Laat my lewe op grond van u liefde.

160. Alles wat U sê, is betroubaar;u regverdige bepalings is vir altyd.

161. Heersers vervolg my sonder oorsaak,maar al wat ek vrees, is u woord.

162. Ek verheug my in u woordsoos iemandwat ’n groot skat ontdek.

163. Alle valsheid haat en verafsku ek,maar u gebooie het ek lief.

164. Ek loof U sewe keer per dag omdat al u bepalings regverdig is.

165. Hulle wat u gebooie liefhet,het groot sekuriteiten niks sal hulle laat struikel nie.

166. Ek sien uit na u redding, Here;daarom voer ek u gebooie uit.

167. Ek het u eise gehoorsaam,en het dit baie lief.

168. Ek gehoorsaam u bevele en eise,want U weet van alleswat ek doen.

Psalms 119