Psalms 119:122-135 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

122. Beloof togdat dit goed sal gaanmet u dienaar.Moenie dat verwaande mensemy verdruk nie.

123. Ek ooreis my oëom u redding te sienen u woord van geregtigheid.

124. Behandel u dienaarvolgens u troue liefde,en leer my u voorskrifte.

125. Ek is u dienaar;gee my die vermoëom te onderskeisodat ek u voorwaardes kan verstaan.

126. Dis tyd dat U optree, Here,want hulle het u gebooie oortree.

127. Daarom is ek lief vir u opdragte,meer as goud, selfs die fynste goud.

128. Omdat elkeen van u bevele reg is,haat ek elke verkeerde pad.

129. U voorwaardes is wonderlik;daarom gehoorsaam ek hulle.

130. Begrip van u woord bring lig;dit gee insig aan die eenvoudige.

131. My mond is oop en ek snak na asem,want ek verlang na u gebooie.

132. Kyk tog na my in u genade,soos U doen vir almalwat u Naam liefhet.

133. Rig my treë deur u woordsodat boosheid my nie oorval nie.

134. Red my van menslike verdrukkingsodat ek u bevele kan gehoorsaam.

135. Laat u guns oor u dienaar skyn;leer my al u voorskrifte.

Psalms 119