116. Hou my staande soos U beloof hetsodat ek kan lewe.Laat my nie beskaam weesin my hoop nie.
117. Ondersteun my en ek sal gered word;ek sal u voorskrifte altyd eerbiedig.
118. U verwerp almalwat van u voorskrifte afwyk.Hulle ontrou lei tot selfbedrog.
119. Al die bose mense van die aarde is soos skuim wat U afskep;daarom het ek u waarskuwings lief.
120. Ek bewe van vrees vir U;ek vrees u oordeel.
121. Moenie my oorlaataan die genade van my vyande nie,ek het gedoen wat reg en regverdig is.
122. Beloof togdat dit goed sal gaanmet u dienaar.Moenie dat verwaande mensemy verdruk nie.
123. Ek ooreis my oëom u redding te sienen u woord van geregtigheid.