Psalms 119:111-115 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

111. U verbondsbepalings is my erfdeel vir altyd;dit is die vreugde van my hart.

112. Ek wil leef volgens u voorskrifte,vir altyd, tot die einde toe.

113. Ek haat besluitelose mense,maar u gebooie het ek lief.

114. U is my toevlug en beskermer;ek vertrou op u woord.

115. Gaan weg van my, kwaaddoeners,want ek gehoorsaam die gebooie van my God.

Psalms 119