Psalms 119:11-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Ek het u woord in my hart gebêresodat ek nie teen U sou sondig nie.

12. Geseënd is U, o Here;leer my u voorskrifte.

13. Die bepalings van u mondhet ek met my lippe bekendgemaak.

14. In u voorwaardes het ek my verlustigsoos ’n mens bly is oor rykdom.

15. Ek wil oor u bevele nadinken let op u weë.

16. Ek sal my verbly in u voorskrifteen u woord nie vergeet nie.

17. Wees goed vir u dienaarsodat ek mag leween u woord gehoorsaam.

18. Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sienwat opgeskryf is in u gebooie.

Psalms 119