103. Hoe aangenaam is u woorde vir my;dis soeter as heuning in my mond.
104. Deur u bevele kry ek insig;daarom haat ek elke valse pad.
105. U woord is ’n lamp vir my voeteen ’n lig op my pad.
106. Ek het reeds belowe,en ek bevestig:u regverdige bepalingssal ek gehoorsaam.
107. Ek het baie swaargekry, Here.Vernuwe my lewe volgens u woord.
108. Here, aanvaar die offers van my mond,en leer my u bepalings.
109. My lewe is gedurig in die weegskaal,maar u gebooie sal ek nie vergeet nie.
110. Die goddeloses stel vir my ’n strik;tog sal ek van u bevele nie afdwaal nie.
111. U verbondsbepalings is my erfdeel vir altyd;dit is die vreugde van my hart.