Psalms 118:6-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die Here is by my,ek sal nie bang wees nie.Wat kan ’n mens aan my doen?

7. Die Here is by my, Hy help my.Ek sal neersien op my haters.

8. Dit is beter om by die Here te skuilas om staat te maak op mense.

9. Dit is beter om by die Here te skuilas om op vername mense te vertrou.

10. Al die nasies het my omsingel;in die Naam van die Herehet ek hulle afgeweer.

11. Hulle het my inderdaadvan alle kante omsingel,maar in die Naam van die Herehet ek hulle afgeweer.

12. Soos bye het hulle om my geswerm,maar soos brandende doringtakkeis hulle geblus.In die Naam van die Herehet ek hulle afgeweer.

13. Hulle het probeer om my heeltemal om te stoot,maar die Here het my gehelp.

14. Die Here is my sterkteen my beskerming;Hy het my redder geword.

15. Vreugdeliedere van reddingword gesing in die tente van die regverdiges.Die Here se regterhand het roemryke dinge gedoen.

Psalms 118