Psalms 118:13-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Hulle het probeer om my heeltemal om te stoot,maar die Here het my gehelp.

14. Die Here is my sterkteen my beskerming;Hy het my redder geword.

15. Vreugdeliedere van reddingword gesing in die tente van die regverdiges.Die Here se regterhand het roemryke dinge gedoen.

16. Die Here se regterhandis triomfantlik omhoog.Die Here se regterhand het roemryke dinge gedoen.

17. Ek sal nie sterf nie, maar lewe,en van die Here se werke vertel.

18. Die Herehet my swaar gestraf,maar nie aan die dood oorgegee nie.

19. Maak oop vir mydie poorte van regverdigheid,dan sal ek ingaan en die Here loof.

20. Dit is die poort na die Here;die regverdiges gaan hier in.

21. Ek prys U omdat U my verhoor heten my redder geword het.

Psalms 118