1. Loof die Here, want Hy is goed!Sy goedheid duur vir altyd.
2. Laat Israel sê:“Sy goedheid duur vir altyd.”
3. Laat die huis van Aäron sê:“Sy goedheid duur vir altyd.”
4. Laat almal wat die Here dien, sê:“Sy goedheid duur vir altyd.”
5. In my nood het ek tot die Here gebid.Die Here het my geantwoorden my bevry.
6. Die Here is by my,ek sal nie bang wees nie.Wat kan ’n mens aan my doen?
7. Die Here is by my, Hy help my.Ek sal neersien op my haters.
8. Dit is beter om by die Here te skuilas om staat te maak op mense.
9. Dit is beter om by die Here te skuilas om op vername mense te vertrou.