1. Prys die Here!Met my hele hart wil ek die Here loofin die vergaderingvan die gemeente,in die byeenkoms van die opregtes.
2. Die dade van die Here is groot!Almal wat daaroor bly is,dink hieroor na.
3. Heerlik en vol majesteit is sy werke.Sy geregtigheidhou vir altyd stand.
4. Sy wonders sal altyd onthou word.Genadig en barmhartig is ons Here!
5. Hy voed hulle wat Hom dien;Hy onthou altyd sy verbond.
6. Hy het sy kragtige dadeaan sy volk getoondeur die land van ander nasiesaan hulle te gee.
7. Alles wat Hy doen, is waar en reg,en al sy voorskrifte is betroubaar.