Psalms 110:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir my heer gesê:“Sit op die ereplekaan my regterkanttotdat Ek jou vyande verneder hettot ’n voetbankie onder jou voete.”

2. Uit Sion sal die Hereu heerskappy uitbrei;u sal heers oor u vyande.

3. U volk sal as vrywilligers diens doenop die dag van u magsbetoon.Op die heilige berg,wanneer die dag breek,kom u jong manne soos die dou.

4. Die Here het ’n eed afgelê en sal dit nie herroep nie:“Jy is priester vir altyd, volgens die orde van Melgisedek.”

5. Die Here staan aan u regterhand.Op die dag van sy toornsal Hy konings verpletter.

6. Hy sal die nasies oordeelen hulle dooies sal oral lê.Hy sal hulle leiers verpletteroor die hele aarde.

Psalms 110