Psalms 11:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek vertrou op die Herevir beskerming.Hoe kan julle vir my sê:“Vlug na die berge soos ’n voël!

2. Die goddeloses span hulle boë.Hulle sit hulle pyle op die snaar.Vanuit die skaduweesskiet hulle op die opregtes.

3. Wanneer die fondamentevan wet en orde inmekaartuimel,wat kan die regverdiges dan doen?”

4. Maar die Hereis in sy heilige tempel;die Here se troon is in die hemel.Noukeurig kyk Hy na elke ding.Hy toets die mensdom.

Psalms 11