30. Hulle was bly toe dit kalm worden Hy hulle na die hawe toe leiwaar hulle wou wees.
31. Laat hulle die Here loof vir sy liefdeen vir al sy wonderdade aan hulle.
32. Laat hulle Hom verheerlikin die vergadering van die volk,en Hom prysin die byeenkoms van die leiers.
33. Hy veranderriviere in woestyne,fonteinryke plekke in ’n dorsland,
34. en vrugbare landerye in brakgrond,weens die kwaad van die inwoners.
35. Maar Hy verander ookwoestyne in waterryke vleie,droë grond in fonteinryke plekke
36. waar Hy hongeriges laat blywat stede kan bou om in te woon.
37. Hulle bewerk lande, en plant wingerdewat goeie oeste oplewer.