Psalms 107:12-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Daarom het Hy hulle onderwerpdeur hulle harde arbeidte laat doen;hulle het gestruikel,en daar was niemandom te help nie.

13. “Here, help ons!” het hulle geroeptoe hulle in nood was,en Hy het hulle uit al hulle ellende bevry,

14. hulle uit duisternis en somberheid gered,en hulle boeie stukkend gebreek.

15. Laat hulle die Here loof vir sy liefdeen vir al sy wonderdadeaan mense.

16. Want Hy breek koperdeure af,en kap ystertralies stukkend.

17. Sommige mensewas dwaas in hulle opstanden het weens hulle eie sondes gely.

18. Al hulle eetlus was weg,en die dood was naby.

19. “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood,en Hy het hulle uit al hulle ellende gered.

20. Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees,en hulle van die dood weggeruk.

21. Laat hulle die Here loof vir sy liefde,en vir al sy wonderdade aan hulle.

22. Laat hulle dankoffers bringen met vreugde van sy dade vertel.

23. Sommige mensehet met skepe op die see gevaar,en op die groot oseanehandel gedryf.

24. Hulle het die Here se werk gesien,sy wonderdade op die diepsee.

25. Hy praat, en die stormwinde steek op,en die golwe word al hoër.

26. Die skepe is hemelwaarts geslingeren het dan weer dieptes toe getuimel.Die matrose, radeloos van vrees,

27. het net soos dronkaardsgetol en gewaggel,en al hulle kennis was tevergeefs.

28. “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood,en Hy het hulleuit al hulle ellende gered.

29. Hy het die storm stilgemaaken die golwe het bedaar.

30. Hulle was bly toe dit kalm worden Hy hulle na die hawe toe leiwaar hulle wou wees.

Psalms 107