Psalms 106:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. By Horebhet hulle ’n kalf gemaak,en ’n beeld van metaal aanbid.

20. Hulle roemryke God het hulle verruilvir die beeld van ’n beeswat gras vreet.

21. Hulle het God vergeet, hulle redderwat in Egipte groot dinge gedoen het:

22. wonderlike dingein die land Egipte,ontsagwekkende dade by die Rietsee.

23. Hy het gesê Hy sou hulle vernietig,maar Moses, sy uitverkorene,het vir die volk in die bres getreeen gepleit dat God hulle nie in sy toorn vernietig nie.

Psalms 106