Psalms 105:41-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

41. Hy het ’n rots gekloof,en water het uitgestroom,’n rivier hetin dorre plekke gevloei.

42. Hy het inderdaad sy heilige belofteaan Abraham sy dienaar onthou.

43. Hy het sy volk met vreugde gelei,sy uitverkorenes uitgelei met gejuig.

44. Die lande van nasieshet Hy aan hulle gegee,en wat ander geplant het,het hulle geoes

45. sodat hulle sy gebooie sou onderhouen sy voorskrifte sou gehoorsaam.Prys die Here!

Psalms 105