Psalms 105:34-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Op sy bevel het sprinkane gekom,hordes sprinkane sonder tal.

35. Al die groen plante in die landhet hulle verorber,al die produkte van die landeryehet hulle vernietig.

36. Die oudste seuns in hulle landhet Hy laat sterf,die eerstelinge van elke huisgesin.

37. Toe het Hy Israel uit Egipte uitgelei,oorlaai met silwer en goud.Niemand in die stammehet gestrompel nie.

38. Egipte was bly toe hulle getrek het,want hulle was almal baie bang vir hulle.

39. Die Here het as bedekking’n wolk oor hulle uitgesprei,en vuur om die nag te verlig.

Psalms 105