32. Hy het hael gestuur in plaas van reën,en weerlig oor hulle hele land.
33. Wingerde en vyebome het Hy getref,en al hulle bome stukkend geslaan.
34. Op sy bevel het sprinkane gekom,hordes sprinkane sonder tal.
35. Al die groen plante in die landhet hulle verorber,al die produkte van die landeryehet hulle vernietig.
36. Die oudste seuns in hulle landhet Hy laat sterf,die eerstelinge van elke huisgesin.
37. Toe het Hy Israel uit Egipte uitgelei,oorlaai met silwer en goud.Niemand in die stammehet gestrompel nie.
38. Egipte was bly toe hulle getrek het,want hulle was almal baie bang vir hulle.
39. Die Here het as bedekking’n wolk oor hulle uitgesprei,en vuur om die nag te verlig.
40. Hulle het kos gevra,en Hy het kwartels gestuur;met brood uit die hemelhet Hy hulle versadig.