29. Hy het hulle water in bloed verander,en so al die visse laat vrek.
30. Toe het paddas die land oordek,tot in die koning se slaapkamer.
31. Op sy bevelhet swerms insekte gekom,en muggies oor die hele land.
32. Hy het hael gestuur in plaas van reën,en weerlig oor hulle hele land.
33. Wingerde en vyebome het Hy getref,en al hulle bome stukkend geslaan.
34. Op sy bevel het sprinkane gekom,hordes sprinkane sonder tal.
35. Al die groen plante in die landhet hulle verorber,al die produkte van die landeryehet hulle vernietig.
36. Die oudste seuns in hulle landhet Hy laat sterf,die eerstelinge van elke huisgesin.