21. Hy het hom aangestel oor sy huis,met gesag oor al sy eiendomme.
22. Hy kon aan sy beamptes bevele gee,en sy hoofamptenare wysheid leer.
23. Toe het Israel na Egipte toe gekom.Jakob het as vreemdelingin die land Egiptegaan woon.
24. Die Here het sy volklaat vermeerderen hulle was magtiger as die vyande.
25. Hy het hulle gesindheid verandersodat hulle sy volk gehaat het,en listig saamgesweer hetteen die dienaars van die Here.
26. Hy het Moses, sy dienaar, gestuur,en vir Aäron, wat Hy verkies het.
27. Hulle het wondertekens tussen hulle verrig,en wonderwerke in die land Egipte.
28. Hy het duisternis gestuur,en dit het donker geword.Nogtans het die Egiptenaarshulle teen sy bevele verset.
29. Hy het hulle water in bloed verander,en so al die visse laat vrek.
30. Toe het paddas die land oordek,tot in die koning se slaapkamer.
31. Op sy bevelhet swerms insekte gekom,en muggies oor die hele land.