Psalms 105:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dank die Here, maak sy Naam bekend!Maak sy dade bekend aan die nasies.

2. Sing vir Hom, sing tot sy eer!Vertel van sy wonderdade aan almal.

3. Roem sy heilige Naam.Wees bly, dienaars van die Here!

4. Vra na die Here en sy krag,hou aan om Hom te soek.

5. Dink aan sy wonderdade,sy tekens en sy regspraak.

6. Kinders van Abraham, sy dienaar,nakomelinge van Jakob,God se uitverkorenes.

Psalms 105