Psalms 104:23-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Dan gaan die mens na sy werken arbei tot die aand.

24. Here, hoe baie is u werke!U het alles met wysheid gemaak.Die aarde is vol van u skepsels.

25. Daar is die oseaan, groot en wyd.Dit wemel van diere,lewende wesens, groot en klein.

26. Daar is die skepe wat oral rondvaar;en ook die Leviatan,wat U gemaak het om mee te speel.

27. Elkeen van hulle reken op Uom kos te gee volgens behoefte.

28. U gee vir hulle, hulle versamel dit.U maak u hand oop,met die goeie word hulle versadig.

29. As U U onttrek, is hulle verskrik.Neem U hulle asem weg,dan sterf hulle en word weer stof.

30. U stuur u lewensasem,en lewe word geskep.Uit die grondlaat U nuwe lewe spruit.

31. Mag die heerlikheid van die Herevir altyd duur!Mag die Here Hom verheugin al sy werke!

Psalms 104