Psalms 104:20-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. U stuur duisternis, en dit word nag,al die diere van die bos sluip rond.

21. Dan brul die leeus op soek na prooi;ook hulle vra kos van God.

22. Teen dagbreek sluip hulle wegom by hulle lêplekke te rus.

23. Dan gaan die mens na sy werken arbei tot die aand.

24. Here, hoe baie is u werke!U het alles met wysheid gemaak.Die aarde is vol van u skepsels.

25. Daar is die oseaan, groot en wyd.Dit wemel van diere,lewende wesens, groot en klein.

26. Daar is die skepe wat oral rondvaar;en ook die Leviatan,wat U gemaak het om mee te speel.

27. Elkeen van hulle reken op Uom kos te gee volgens behoefte.

Psalms 104