5. Hy vul jou lewe met goeie dinge,vernuwe jou jeug soos ’n arend s’n.
6. Die Herelaat regverdigheid geskied,en reg aan almal wat verdruk word.
7. Hy het sy optredeaan Moses openbaaren sy dade aan die volk Israel.
8. Die Here is barmhartig en genadig,geduldig en vol onfeilbare liefde.
9. Hy sal nie voortdurend aankla,of vir altyd kwaad wees nie.
10. Hy straf ons nie soos ons sondes verdien nie,en vergeld ons nievolgens ons oortredings nie.
11. Want so ver soos die hemelevan die aarde af is,so groot is sy onfeilbare liefdeteenoor hulle wat Hom dien.
12. So ver as die ooste is van die weste,so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.
13. Soos ’n vader hom ontfermoor sy kinders,so ontferm die Here Homoor hulle wat Hom dien.
14. Hy weet tog waarvan ons gemaak is;Hy weet dat ons net stof is.