Psalms 102:2-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here, luister na my gebed!Hoor my smeking om hulp!

3. Moenie van my wegdraaiwanneer ek in nood is nie.Luister togwanneer ek U aanroepen antwoord my tog gou,

4. want my dae verdwynsoos rook,my bene brand soos gloeiende kole.

5. My hart is verdor, verlep soos gras;ek het vergeet hoe om te eet.

6. As gevolg van my versugtingis ek net vel en been.

7. Ek is soos ’n uil in die woestyn,soos ’n naguil tussen murasies.

8. Ek lê wakker,soos ’n eensame voël op ’n dak.

9. My vyande beledig my dag na dag.Hulle spot en vloek my.

10. Ek eet as in plaas van kos.My trane meng met wat ek drink

11. weens u gramskap en u toorn.Ja, U het my opgetel en my weggegooi.

12. My lewe is soos ’n skaduweewat langer word.Ek is verskrompeld soos gras.

13. Maar U, Here, sal vir altyd regeer.U bly onthou van geslag tot geslag.

14. U sal verskyn en U oor Sion ontferm,want dis tyd om genadig te wees;die bestemde tyd het aangebreek.

15. Want u dienaars het elke klip daarvan lief,en ontferm hulle selfs oor die puin.

16. Nasies sal die Here se Naam vereer,die konings van die aarde, u mag.

17. Wanneer die Here Jerusalem herbou,sal Hy verskyn in sy heerlikheid,

18. sal Hy luister na behoeftiges se gebede,en hulle pleidooi nie verwerp nie.

19. Dit moet opgeskryf wordvir geslagte wat komsodat ’n volk wat nog geskep sal word,die Here sal prys.

20. Vanuit sy hemelse heiligdomhet Hy neergekyk.Die Here het vanuit die hemelna die aarde gekyk

Psalms 102