Psalms 102:19-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Dit moet opgeskryf wordvir geslagte wat komsodat ’n volk wat nog geskep sal word,die Here sal prys.

20. Vanuit sy hemelse heiligdomhet Hy neergekyk.Die Here het vanuit die hemelna die aarde gekyk

21. om te luister na die smekingevan mense in tronke;om hulle wat veroordeel is,te red van die dood,

22. sodat hulle die Naam van die Herein Sion sal verkondig,en sy lofsange in Jerusalem,

23. wanneer skares bymekaarkom,en koninkryke komom die Here te dien.

24. In my jeug het Hy my krag gebreek,Hy het my dae verkort.

25. Maar ek het gesmeek:“My God, moenie my lewe neemterwyl ek nog so jonk is nie!U is daar, geslag na geslag.

26. In die begin het U die aarde gevestig;die hemele is die werk van u hande.

27. Hulle sal vergaan, maar U is vir altyd;soos klere sal hulle verslyt.U sal hulle uittreksoos kledingstukke,en hulle sal verdwyn.

28. Maar U is altyd dieselfde;u jare ken geen einde nie.

29. Die kinders van u dienaarssal in die land woon.Hulle nageslagsal voor U gevestig word.”

Psalms 102