Psalms 101:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek wil sing van u trou en geregtigheid.Here, ek wil U met liedere prys.

2. Ek wil my daaraan toewyom opreg te lewe,maar wanneer kom U na my toe?In my huis wil ek lewemet ’n opregte hart.

3. Ek steur my nie aan bose dinge nie.Ek haat alle valsheid;dit sal nie op my ’n houvas kry nie.

4. Ek sal verkeerde gedagtes verwerpen wegbly van alles wat boos is.

5. Iemand wat sy naaste beskinder,sal ek tot swye bring.Iemand met ’n trotse hart, vol eiewaan,sal ek nie duld nie.

Psalms 101