Psalms 10:6-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Hy sê vir homself:“Geen onheil sal my ooit tref nie!Geslag na geslagsal ek vry wees van rampe!”

7. Sy mond is vol vervloeking,leuens en geweld,onheil en boosheid is op sy tong.

8. Hy lê in ’n hinderlaag by die dorpeom mense in die geheim te vermoor,hy bly op die uitkykna onskuldige slagoffers.

9. Hy lê doodstil in ’n hinderlaagsoos ’n leeu in sy lêplek,hy wag in die hinderlaag om hulpeloses aan te val.Hy vang die ellendiges en trek hulle met sy net.

10. Die hulpelose is oorrompelen stort ineen;hy val onder die aanslagvan die kwaadwilliges.

11. Hy wat kwaad doen, sê vir homself:“God het vergeet,Hy kyk tog nieen sal dit nooit raaksien nie!”

12. Staan op, Here!Tree op teen die goddeloses, o God!Moenie die hulpeloses vergeet nie!

13. Hoekom verag die goddelose vir Goden sê by homself:“Hy sal tog nie rekenskap eis nie”?

14. Maar U sien die moeilikheid en leedwat hulle veroorsaak,ja, U, U sien dit raak en tree teen hulle op.Die hulpeloses vertrou op U,die beskermer van die weeskind.

15. Breek die greep van die goddelose,dié wat kwaad bewerk!Roep hom tot verantwoordingoor sy bose dadetotdat U hom nie meer vind nie.

16. Die Here is koning vir altyd!Die nasies is uit sy land verdryf.

17. Here, U hoor die smekingvan die hulpeloses.U sal hulle gerusstelen hulle gebede verhoor.

Psalms 10