Prediker 8:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Wie doen wat hy sê, kom niks oor nie.Wyse mense weet wanneer en hoe om op te tree.

6. Want elke ding het sy tyd en plek,ook as die mens se ellende swaar op hom lê.

7. Niemand weet wat die toekomsregtig inhou nie.Wie sal dan vir ’n mens kan vertel wat gaan gebeur?

8. Niemand het die mag om die wind te beheer nie.Net so kan mense nie bepaal wanneer hulle doodgaan nie.In die oorlog word niemand verskoon nie.Net so sal boosheid nie die een redwat dit beoefen nie.

9. Ek het dit alles gesien. Ek het aandag gegee aan alles wat onder die son gedoen word.Daar is ’n tyd wanneer een mens tot die nadeel van ’n andermag uitoefen oor die ander.

Prediker 8