1. Wie is soos die wyse mens? Wie kan verduidelik hoekom dinge gebeur? Wysheid laat jou gesig blink,dit versag ’n kwaai gesig.
2. Doen wat die koning jou beveel.Jy het God immers belowe dat jy dit sal doen.
3. Moenie haastig weggaan van die koning af nie.Moenie by ’n slegte saakstaan nie,want hy doen wat hy goedvind.
4. Die koning se woord is wet.Wie kan vir hom vra: “Wat doen u?”
5. Wie doen wat hy sê, kom niks oor nie.Wyse mense weet wanneer en hoe om op te tree.
6. Want elke ding het sy tyd en plek,ook as die mens se ellende swaar op hom lê.
7. Niemand weet wat die toekomsregtig inhou nie.Wie sal dan vir ’n mens kan vertel wat gaan gebeur?
8. Niemand het die mag om die wind te beheer nie.Net so kan mense nie bepaal wanneer hulle doodgaan nie.In die oorlog word niemand verskoon nie.Net so sal boosheid nie die een redwat dit beoefen nie.