Prediker 5:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. En onder alles is die voordeel vir ’n land dit: dat ’n koning aan die landbou diensbaar word.

9. Mense wat geld liefhet, kry nooit genoeg daarvan nie.Mense wat van rykdom hou, is nooit tevredemet hulle inkomste nie.Ook dit is sinloos.

10. Hoe meer jy besit, hoe meer word die eterswat jou help om dit te spandeer.Al voordeel wat jou rykdom vir jou inhou, is om te sien hoe dit deur jou vingers glip.

11. Mense wat hard werk, slaap goed, maak nie saak of hulle baie of min eet nie.Maar die skatte van ryk mense laat hulle nie toe om rustig te slaap nie.

12. Daar is ook nog ’n ander ernstige probleem wat ek gesien het:Party mense gaar besittings op tot hulle eie ellende.

13. Net een ongelukkige transaksie, en hy verloor die rykdom.As hy die vader van ’n seun is,het hy niks om vir sy seun na te laat nie.

14. ’n Mens kom kaal die wêreld in, so gaan hy ook die wêreld uit.Daar is niks wat hy kan saamvatvir al sy moeite nie.

15. Dis ook onregverdig: Soos mense gekom het, so gaan hulle. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?

Prediker 5