Prediker 5:3-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. As jy iets aan God belowe het, moenie versuim om dit te doen nie.Hy het nie tyd vir dwase nie. Doen wat jy beloof het.

4. Dis baie beter om niks te belowe nie as om iets te belowewat jy nie doen nie.

5. Moenie dat jou mond jou na sonde lei nie.Moenie jouself verontskuldigby die verteenwoordiger van die tempel deur te sê:“My belofte was ’n fout!” nie.Hoekom wil jy God kwaad maak met wat jy sê sodat Hy die werk van jou hande vernietig?

6. Want soos daar baie drome is wat sinloos is,so is daar ook baie woorde.Maar jy moet ontsag hê vir God.

7. Moenie verbaas wees as jy sienarm mense word verdruk en hulle regte word in die land misken nie.Alle amptenare is onder gesag van iemand bo hulle.En oor hulle is daar ook weer ’n hoër gesag.

8. En onder alles is die voordeel vir ’n land dit: dat ’n koning aan die landbou diensbaar word.

9. Mense wat geld liefhet, kry nooit genoeg daarvan nie.Mense wat van rykdom hou, is nooit tevredemet hulle inkomste nie.Ook dit is sinloos.

10. Hoe meer jy besit, hoe meer word die eterswat jou help om dit te spandeer.Al voordeel wat jou rykdom vir jou inhou, is om te sien hoe dit deur jou vingers glip.

11. Mense wat hard werk, slaap goed, maak nie saak of hulle baie of min eet nie.Maar die skatte van ryk mense laat hulle nie toe om rustig te slaap nie.

12. Daar is ook nog ’n ander ernstige probleem wat ek gesien het:Party mense gaar besittings op tot hulle eie ellende.

13. Net een ongelukkige transaksie, en hy verloor die rykdom.As hy die vader van ’n seun is,het hy niks om vir sy seun na te laat nie.

Prediker 5