Prediker 10:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Dis lekker om te luister na wyse woorde.Dwase se gepraat lei egter net tot vernietiging.

13. Dwase grond hulle gedagtes op dwaasheid.Daarom is hulle gevolgtrekkings louter onsin.

14. Dwase praat sonder ophou,maar niemand weet wat sal gebeur nie,en niemand kan vir hom sê wat ná hom sal kom nie.

15. ’n Dwaas se werk maak hom moeg.Hy weet nie eers hoe om by sy stad te kom nie.

16. Rampe is die lot van die landwaar ’n slaaf koning is en sy amptenare vroegdag begin feesvier.

17. Gelukkig is die landwie se koning ’n edelman isen wie se amptenare op die regte tyd feesviermet selfbeheersing, en nie met dronkenskap nie.

Prediker 10