1. Dooie vlieë laat selfs parfuum sleg ruik.So weeg ’n bietjie dwaasheid baie meer as wysheid en eer.
2. Die harte van wyse mense laat hulle doen wat reg is.Maar dwase mense se harte laat hulle verkeerd doen.
3. Jy kan dwase mense uitken net aan die manier waarop hulle in die straat stap.
4. As die koning vir jou kwaad is, moenie jou pos verlaat nie.Rustigheid voorkom groter foute.
5. Ek het iets slegs op aarde gesien:Regeerders begaan ’n groot fout
6. as hulle groot gesag aan dwase mense toevertrouterwyl rykes nie geëer word nie.
7. Ek het slawe sien perd ry terwyl prinse soos slawe moes loop.
8. As jy ’n gat grawe, val jy dalk self daarin.En as jy ’n muur afbreek, pik ’n slang jou dalk.
9. As jy klippe kap, kan jy beseer word.En as jy hout kap, kan dit gevaarlik wees.
10. As die byl stomp isen jy dit nie slyp nie,moet jy meer krag gebruik.Vaardigheid help jou om sukses te behaal.
11. Dit help niks as die slang pik vóór jy hom besweer het nie,en dan help die besweerder ook nie.
12. Dis lekker om te luister na wyse woorde.Dwase se gepraat lei egter net tot vernietiging.
13. Dwase grond hulle gedagtes op dwaasheid.Daarom is hulle gevolgtrekkings louter onsin.
14. Dwase praat sonder ophou,maar niemand weet wat sal gebeur nie,en niemand kan vir hom sê wat ná hom sal kom nie.