Prediker 1:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wat hier volg, is die woorde van die Prediker. Hy was ’n seun van Dawid en het in Jerusalem as koning regeer.

2. “Alles is sinloos,”sê die Prediker.“Alles is sinloos, absoluut sinloos!”

3. Watter voordeel kry mense vir al hulle harde werk,hulle inspanning onder die son?

4. Die een geslag volg op die ander,maar die aarde verander nooit nie.

Prediker 1