2. Hy het die draak, die slang van die oertyd, dit is die duiwel en Satan, vasgegryp en hom vir 1 000 jaar gebind.
3. Die engel het hom in die bodemlose put gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie langer die nasies sou verlei totdat die 1 000 jaar verstryk het nie. Daarna moet hy vir ’n klein rukkie losgemaak word.
4. Toe het ek trone gesien, en dié wat daarop sit, is die bevoegdheid gegee om te oordeel. Ek het ook die siele gesien van hulle wat onthoof is as gevolg van hulle getuienis aangaande Jesus en die boodskap van God. Dit is hulle wat nie voor die monster en sy standbeeld neergeval het in aanbidding nie, en nie die merkteken op hulle voorkop en op hulle hand ontvang het nie. Hulle het toe weer lewend geword en saam met Christus vir 1 000 jaar lank regeer.