Numeri 7:44-48 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

44. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

45. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

46. ’n bokram as sonde-offer,

47. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Eljasaf, die seun van Reüel, gebring het.

48. Op die sewende dag het Elisama sy geskenke gebring. Hy was die seun van Ammihud en die leier van Efraim.

Numeri 7