1. Toe Moses die tabernakel klaar opgerig het, het hy dit met olie gesalf. Hy het dit toe saam met sy toerusting en sy altaar en sy gereedskap aan die Here gewy.
2. Die leiers van Israel, die hoofde van die familiegroepe wat met die sensus gehelp het, het toe nadergekom.
3. Hulle het hulle offers vir die Here gebring. Dit was ses waens met twaalf osse. Daar was ’n wa vir elke twee leiers en ’n os vir elkeen. Hulle het dit vir die Here by die tabernakel aangebied.
4. Die Here het toe vir Moses gesê:
5. “Aanvaar dit van hulle en gebruik dit vir die diens by die tabernakel. Verdeel die waens en osse onder die Leviete volgens die werk wat elkeen moet doen.”
6. Moses het toe die waens en osse in ontvangs geneem en vir die Leviete gegee.
7. Hy het twee waens en vier osse vir die Gersoniete gegee vir die werk wat hulle moes doen.