Numeri 3:43-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

43. Al die oudste seuns wat getel is, was 22 273.

44. Toe sê die Here vir Moses:

45. “Laat die Leviete instaan vir al die oudste seuns in Israel. Vat ook die Leviete se vee as plaasvervangers vir die vee wat eerste gebore is. Die Leviete behoort aan My. Ek is die Here.

46. Daar is 273 meer oudste seuns in Israel as die Leviete. Koop hulle los.

Numeri 3